Image

Definisie van “reformeer”:
Keer weer terug na wat God werklik sê!

Die hart van gereformeerd wees is om gedurig te gaan sit met net God se Woord, die Bybel, op jou skoot om by Hom te hoor wat Hyself sê.

Dit is tog logies: As Jesus Christus werklik die Koning van alle konings is, is Sy sê die laaste woord!

As die Bybel dan werklik die geïnspireerde Woord van die Lewende God is, is dit ons finale toets vir waarheid!

Hierdie webblad is deur dr Christo Nel, ʼn oud-leraar van die NG Kerk geskep veral vir Jan Alleman wat ʼn belydende lidmaat van die NG Kerk of van enige van die 5 gereformeerde kerke in Suider Afrika is.

Met die vertrouenskrisis wat in die NG Kerk ontstaan het oor bepaalde leergeskille en besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk, het meer as ʼn honderd gemeentes van die NG Kerk hulle amptelik op die een of ander manier gedistansieer van hierdie besluite en hulle geskaar onder die sambreel van die KAIROS NETWERK.

Kyk na die webblad van die KAIROS NETWERK in die verband: https://kairosnetwerk.net/

ʼn Video: Waarom ek deel is van die Kairos Netwerk: https://youtu.be/DJg2ZFQNpag

WAT SÊ DIE BYBEL?

KLIK OP ENIGE SKAKEL HIERONDER